100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Soektog geloods na reeks ontvoerings

Written by on January 11, 2024

‘n Mannejag is geloods na verdagtes wat betrokke was by voorvalle waar gesinne binne ‘n week in Nelspruit, Hazyview en Standerton gevange gehou is na hulle gestop en ontvoer is deur mense wat hulself as wetstoepassers voorgedoen het.

Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Athlenda Mathe, is hulle gevange gehou terwyl groot bedrae geld uit hul bankrekeninge onttrek is.

Volgens berigte het ‘n Kanadese toeris en sy twee kinders onderneem om nooit na Suid-Afrika terug te keer nie nadat hulle oor die naweek in ‘n traumatiese ervaring vier uur lank in die middestad van Mbombela aangehou is.

News24 berig hulle was saam met twee ander Kanadese en ‘n Suid-Afrikaanse burger in ‘n ontstellende beproewing met valse polisiebeamptes.

Hulle is met vuurwapens gedreig en gedwing om groot bedrae geld uit hulle bankrekenings te onttrek, maar die reaksie van die polisie was traag.

Die polisie het ook ‘n beroep gedoen vir enigiemand met inligting om na vore te kom oor ‘n sakeman van Witbank wat gisteroggend ontvoer is.

Mahesh Singh is deur drie gewapende mans in ‘n grys Ford Kuga by die Corridor Hill-sentrum voorgelê.

Volgens inligting van ‘n familielid het hy ‘n oproep ontvang van ‘n onbekende persoon wat homself geïdentifiseer het as ‘n tegnikus van Emalahleni-munisipaliteit wat ‘n elektriese fout by sy sakeonderneming moes nagaan.

Twee gewapende mans met balaklawas aan het hom in hul voertuig ingedwing en in die rigting van Kriel vertrek.

Singh se selfoon is langs die roete ontdek.

Kontak 072-025-1395 met enige inligting.

mahesh singh ontvoering
Intussen is vier vriende wat Maandagaand ontvoer is deur verdagtes wat hulself as wetstoepassers voorgedoen het tussen Standerton en Trichardt binne 48 uur veilig gevind by ‘n huis in Vosloorus.

Sien ook: Anin Jacobs se reis met strammenssiekte


×