100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Skreeusnaakse ‘My Vrou se Man se Vrou’ terug by Innibos

Written by on June 13, 2023

Die skreeusnaakse klug, My Vrou se Man se Vrou, is terug op die planke by Innibos.
Die oorspronklike Run for your Wife hou die rekord vir die langslopende klug op Londen se Wes-einde en het ook rekords in Suid-Afrika laat spat.
Phillru van Achterbergh, welbekend as Die Grotman, vertolk die rol van John Smith wat sy bestaan maak as taxibestuurder en sy twee vroue wat nie van mekaar weet nie.
‘n Ongeluk vind plaas, en ’n verkeerde adres word gegee… Voeg daarby nuuskierige bure, ’n vasberade joernalis en twee agterdogtige polisiemanne en teatergangers is in vir ’n wilde komedierit in My Vrou se Man se Vrou.
Van Achterbergh gesels met Charles.
Luister weer hier:

Vir die volledige Innibos-program en skakels na die kaartjieverkope, besoek innibos.co.za. Kaartjies is te koop by Computicket, en ook by die Innibos-kantoor op die hoek van De Villiers- en Anneckestraat by Sonpark-sentrum in Mbombela.
Luister ook: Innibos: Natascha C by Wingerd Kuiertuin op die verhoog


×