100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Skok na taxi teen bus bots wat skoliere vervoer

Written by on May 23, 2023

Die waarnemende premier van Mpumalanga, Sasekani Manzini, het motoriste gemaan om by die padreëls te hou na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n skoolbus betrokke was.
Dit het kinders na Tsakane Spesiale Skool vervoer toe ‘n minibus-taxi na bewering ‘n ander voertuig probeer verbysteek het.

Dit het trompop met die bus gebots op die R40 in Acornhoek.
Die taxi-bestuurder is op die toneel dood.

Die busbestuurder is beseer.
Die leerlinge is ongedeerd.

Manzini, die LUR vir gesondheid, neem tot Sondag as premier van Mpumalanga waar, terwyl Refilwe Mtshweni-Tsipane die IMEX Toerisme Ekspo in Frankfurt, Duitsland, bywoon.
Mtshweni-Tsipane word vergesel deur onder andere die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Mpumi Hlophe; en die waarnemende uitvoerende beampte van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA), Victor Mashego.
Volgens die kantoor van die premier vorm dit deel van die regering se pogings om die provinsie as ‘n voorkeur-bestemming vir toerisme te posisioneer.

Manzini het vandag saam met die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, die skool besoek.
Volgens ‘n woordvoerder van die onderwysdepartement, Gerald Sambo, het hulle ook berading aan almal by die skool beskikbaar gestel.

Manzini het motoriste gemaan om die padreëls te gehoorsaam.


×