100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sewe van sekerheidsmaatskappy vasgetrek weens vuurwapenoortredings

Written by on May 22, 2023

Sewe werknemers van ‘n sekuriteitsmaatskappy het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte dat hulle die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die Regulering van die Private Veiligheidsbedryf (die sogenaamde Psira-wet) oortree het.
Volgens die polisie word hulle ook aangekla van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Die verdagtes is Donderdag in Masoyi aangekeer na ‘n intelligensie-gedrewe operasie.

Daar is op drie pistole, waarvan een se reeksnommer afgevyl was, sowel as ‘n haelgeweer en 18 rondes ammunisie beslag gelê.
Volgens polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, is vier van die verdagtes sekerheidswagte, terwyl die ander drie as sekuriteitswagte gewerk het, maar nie aan vereistes voldoen het nie.

Hulle het reeds Vrydag in die hof verskyn.
Hulle is op waarskuwings vrygelaat.
Hulle verskyn weer op 20 Junie in die hof.


×