100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sê jou sê oor die voorgestelde wysigingswet op wapens

Written by on May 27, 2021

Voorgestelde wysigings aan die vuurwapenwet wat mense sal verhoed om vir selfverdediging ‘n lisensie te bekom, het wapeneienaars warm onder die kraag.
Dit sal ook ander beperkinge op eienaars plaas. Lisensies sal ook slegs vir vyf jaar geldig wees, en mense se aantal lisensies sal beperk word.
Christo Botha van Aim Training Academy in Witrivier sê die voorstelle is absurd.
So kan die impak op sportskiet-entoesiaste wees dat hulle net vier wapens sal mag besit – terwyl jy ‘n minimum van vier verskillende tipes wapens benodig in sekere kompetisies.
“Hoekom wil (polisieminister Bheki Cele) my inperk om my eie ammunisie te laai?” voeg hy by. “Ek praat van jagters wat tot op die gram en grein reg laai, want hy weet waar skiet hy op ‘n 100 meter. Nou, as jy jou jagwapen sal mag hou, kan jy die beste ammunisie koop, maar jy weet nie regtig wat sy trajek is en dié klas van goed nie.”
Hy voorspel dat hierdie bedryf kan uitsterf en ammunisiefabrieke afleggings sal moet maak, en dít terwyl die probleem eintlik onwettige wapens is.
Botha is bekommerd dat die voorstelle deurgevoer kan word, maar wys daarop dat die publiek dit teë kan staan.
Hy het mense sterk aangeraai om betrokke te raak. Landwyd het meer as 22 000 mense reeds ‘n versoekskrif daarteen onderteken.

“Moenie paranoïes raak nie,” is sy raad, “maar moenie terugsit en niks doen nie.”
Jy kan jou opinie lewer deur by dearsouthafrica.co.za/firearm-control-2021/comments/ kommentaar te lewer, of ‘n e-pos te stuur aan [email protected].


×