Sappi Laeveld ontvang toekenning

Written by on November 22, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Sappi se suksesvolle ommeswaai van die onderneming, en die implementering van die maatskappystrategie is erken tydens die gesogte “The Sunday Times Business Times Top 100”-maatskappy-toekennings wat in Johannesburg gehou is. Sappi het tweede geëindig as gevolg van sy sterk finansiële prestasie, wat ‘n saamgestelde jaarlikse groeikoers van 34% gedurende die tydperk 2013 tot 2018 gelewer het.

Sappi het meegeding teen die top 100 maatskappye wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is. Capitec Bank, Suid-Afrika se vinnig groeiende kleinhandelbank, het die hoogste opbrengs gelewer.

“Ek was buitengewoon trots om hierdie toekenning namens almal wat by Sappi werk, te aanvaar. Dit is erkenning vir die geweldige moeite wat elke persoon in ons strategie en ons 2020visie gelewer het. Dit was verdere bevestiging dat ons op die regte pad is en ek sien uit na die toename in waarde en rykdom wat ons sal lewer van die huidige beleggings en diegene wat onlangs gesluit het, ” het mnr. Steve Binnie, uitvoerende hoof van Sappi Bpk, gesê.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background