100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister: SANParke-ereveldwagters loods veldtog teen rommel

Written by on March 7, 2022

Rommel in die natuur is nie net onooglik nie, maar gevaarlik vir wilde diere.
Die SANParke-ereveldwagters skop daarom Paasnaweek met ‘n veldtog in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) af om besoekers aan te moedig om nie rommel te strooi nie.
Pieter en Elsabe de Bruyn van die Laeveld-streek verduidelik hoe groot die probleem is, en wat die impak daarvan op die natuurlewe is. Luister hier:

Die veldtog word beoog om aangaande te wees en om kinders en volwassenes aan te moedig om ook hul leefareas buite die NKW skoon te hou.
Om meer uit te vind daaroor of oor die Ereveldwagters, kontak 082-558-4369 of [email protected].


×