100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sakekamer: Inperking nou erger as virus

Written by on May 21, 2020

Die ekonomiese uitwerking van inperking begin nou sy tol eis.
Waar die meeste mense inperking aanvanklik gesteun het, sien hulle nie meer die sin daarin nie, veral nie in ‘n lae risiko area soos die Laeveld tans is nie.
Die meeste van die land se 10 015 Covid-19-gevalle is in die Wes-Kaap en Oos-Kaap.
Daar is 61 in Mpumalanga waarvan 30 in Ehlanzeni-distrik voorkom.
Volgens die plaaslike sakekamer is sê die effek van inperking daarom erger as die virus.
Linda Grimbeek verduidelik dat die meeste plaaslike ondernemings baie klein is, en daar nie regtig staatshulp vir hulle beskikbaar is nie.
Mense moet fisies werk om aan die lewe te bly, sê sy.

Grimbeek voeg by dat aspekte van die inperkingsregulasies nie sin maak nie.
Hoë-risiko dinge soos openbare voervoer word toegelaat; iets wat meer riskant is as die omstandighede by die meeste ondernemings.
Kos kan afgelewer word, maar ‘n haarkapper mag nie jou hare by jou huis kom sny nie.
“Vir my is die risiko dieselfde,” verduidelik sy.
“Een van my lede vra my nou die dag, as maskers werk, hoekom kan ons nie daarmee werk nie? As hulle nie werk nie, hoekom moet ons dit dra wanneer ons uitgaan?”
Die sakekamer het aan die regering aanbeveel dat nasionale parke oopgemaak word vir mense in die provinsie sodat sommiges darem “‘n bietjie van ‘n lewe kan verdien” en iets van die ekonomie en toerisme “net begin gebeur”.
Grimbeek voeg by dat die provinsiale regering behoort oop te maak wat relatief veilig is om oop te maak.
Iets positief is dat mense mekaar sesake reeds plaaslik begin ondersteun waar hulle kan.
“Ons kan darem daarna uitsien as die ekonomie weer begin loop: plaaslike besighede gaan mekaar nog meer begin ondersteun.”


×