100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sake-gemeenskap bedank rolspelers wat Laeveld beveilig

Written by on July 14, 2021

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) het namens al die sakeondernemings in die Laeveld die polisie, weermag, sekuriteitsmaatskappye, taxi-verenigings en vrywilligers bedank vir die goeie werk wat hulle verrig om die area veilig te hou.
“Ondernemings het die afgelope paar maande groot terugslae beleef, en die meeste van ons is op ons knieë, veral sedert die land terug geplaas is op vlak 4 van inperking en reis van Gauteng belet word,” sê Linda Grimbeek, die hoofbedryfsbeampte.
“Ons kan eenvouding nie meer hanteer nie, en daarom skuld ons elkeen van die duisende mense wat dapper winkelsentrums oppas, paaie patrolleer en toegang na dorpe monitor.
“Ons het die volste vertroue in ons sekerheidsmagte en glo dat kalmte en stabiliteit binnekort regoor die land herstel sal word.”

Die KLCBT het ‘n beroep gedoen op elke individu om nie waarskuwings op sosiale media aan te stuur nie, omdat die meeste daarvan vals is.
“Die verspreiding van vals nuus veroorsaak onnodige paniek, verkeersopeenhopings en oproepe na sekuriteitsmaatskappye wat hul tyd eerder moet aanwend om ons werklik veilig te hou.”
Diegene wat kan is aangemoedig om fondse beskikbaar te stel om ondernemings wat moes sluit te heropen sodat mense kan terugkeer werk toe.
“Ons gaan die ekonomie herstel deur dit te herbou, nie deur te wag vir die gevolge om weg te gaan nie,” sluit Grimbeek af.


×