100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Rekordaantal gr. 12’s tree vanjaar aan vir eindeksamen

Written by on October 11, 2022

‘n Rekordaantal voltydse gr. 12-leerlinge skryf vanjaar weer die matriekeindeksamen in Mpumalanga.
Die 71 582 kandidate teken op 21 Oktober hul belofte van goeie gedrag.
‘n Totaal van 62 264 voltydse kandidate het in 2021 die matriekeindeksamen in die provinsie afgelê, wat ‘n jaar gelede ook ‘n rekord was.
Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend in Bethal die gereedheid van sy departement vir die eksamens aangekondig. Vir die klas van 2022 skop dit op 31 Oktober af. Die uitslae word op 20 Januarie bekendgemaak.
Hy sê die eksamens verloop sedert 2010 sonder voorval in die provinsie.
Ter voorbereiding is tydelike identiteitsdokumente aan sowat 2 000 leerlinge uitgereik om dit moontlik te maak vir hulle om die eksamen te kan skryf.
Amptelik is die mikpunt van die departement ‘n slaagsyfer van 83% – op van 73,6% in 2021.
Majuba het die kandidate aangemoedig om beter te vaar, gegewe die uitdagings wat gr. 12-leerders die afgelope twee jaar weens die Covid-19-pandemie moes trotseer.

“Dit is in jou hande,” was sy boodskap.
Hier is die eksamen in nommers.


×