100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Reeksmoordenaar gaan 150 jaar sit

Written by on February 10, 2022

Die sogenaamde Masoyi Monster is vandag tot 150 jaar agter tralies gevonnis vir die moorde op vyf vroue wat hy in 2018 en 2019 gepleeg het.
Die 24-jarige Julius Mndawe is in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela tot lewenslank gevonnis vir elke moord, sowel as vyf jaar vir elke geval van regsverydeling, omdat hy sy se liggame verbrand het voor hy hulle in sy erf begrawe het in Numbi Trust buite Witrivier.
Hy het hulle na sy huis gelok en hulle daar beroof, verkrag en vermoor. Hulle was Tokie Tlaka (24), Banele Khoza (15), Felicia Mndlovo (17), Noxolo Mdluli (17) en Nomthandazo Mdluli (19).
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hy sou daarna met sy lewe voortgaan asof niks gebeur het nie.
Mndawe is in Julie 2019 aangekeer toe een van sy slagoffers se selfoon in sy besit gevind is. Hy het toe oor al vyf moorde gebieg en die polisie het hul oorskot in sy erf opgegrawe.
Mndawe het skuldig gepleit op die klagtes.
Volgens Mohlala sal die vonnisse nie gelyktydig uitgedien sal word nie, wat hom effektief vir 150 jaar agter tralies sal laat.

Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, en die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het die swaar vonnis verwelkom.
Manamela het die polisie en aanklaers geloof vir hul goeie werk. Songwe sê dat, hoewel die vonnis die slagoffers nie terug kan bring nie, hy hoop dit hul naasbestaandes sal help om afsluiting te kry.


×