100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Radioman Roelf van Jaarsveld deur Voortrekkers vereer vir Diep Spore

Written by on November 24, 2022

Radio Laeveld 100.5FM se eie Roelf van Jaarsveld is deur die Laeveld Voortrekkers vereer vir sy bydrae, die afgelope 20 jaar, tot die gemeenskap.
Kommandoleier, Lilanie de Jager, sê die Trap Diep Spore-wisseltrofee gee erkenning aan mense wat uitnemendheid toon in terme van Afrikanerskap, burgerskap, Christenskap en diensbaarheid – ook buite die organisasie.
“Deur hierdie gebaar wil ons ook aan die persone toon dat ons dit waardeer wat hulle doen vir die gemeenskap en dat dit nie ongesiens verby gaan nie,” sê sy.
Hulle hoop ook dat dit tot aansporing sal wees vir die toekoms waaroor Die Voortrekkers baie passievol is.
Volgens De Jager lewer Van Jaarsveld reeds meer as twee dekades ‘n groot bydrae tot die bevordering van die kunste deur onder meer die skep van radiodramas en sy werk by Radio Laeveld.
“As konsekwente Christen is hy baie betrokke by sy plaaslike gemeente en dien as Koster vir baie jare en vorm deel van projekte en kommissies. Verder is Roelf se dag tot dag optrede spreekwoordelik van iemand wat ‘n positiewe burger in Suid-Afrika is,” sluit sy af.


×