100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas soek weer beker-oorwinning in Griekwas se agterplaas

Written by on May 24, 2024

Die Airlink Pumas takel die Suzuki Griekwas môre in die eindstryd van die SA Beker.

Die Griekwas is onoorwonne in dié nuwe kompetisie, en is die enigste span wat die ewe indrukwekkende Pumas tydens die rondomtaliefase kon wen.

Die pienktruie het egter drie van hul laaste vyf kragmetings teen die Griekwas gewen – insluitend die Curriebeker-finaal van 2022 wat ook in Kimberley beslis is.

Afrigter, Jimmy Stonehouse sê hulle is so gereed as wat hulle kan wees.

Saterdag se wedstryd vind in Kimberley plaas, en word op SuperSport uitgesaai. Die afskop is om 12:30.


×