100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas-oorwinningstoer Maandag in Mbombela

Written by on July 19, 2022

Die Airlink Pumas hou uiteindelik volgende week hul Curriebeker oorwinningstoer in Mbombela.
Maandag 25 Julie gaan die span en bestuur regdeur die stad reis met die Curriebeker, om hul titeloorwinning met aanhangers en ondersteuners te deel.
Hoofafrigter Jimmy Stonehouse nooi ‘n ieder en ‘n elk om hulle te ontmoet, en saam met die spelers (en beker) foto’s te neem ter viering van die pienktruie se historiese eerste Curriebeker.
Die spelers en beker sal by elke stop toeganklik wees vir foto’s met die publiek. Beplan bloot waar jy wanneer wil wees, en die Pumas kom Maandag na jou toe.

Program
• 09:00 – Die span vertrek vanaf Mbombela-stadion
• 09:15 – Aankoms by Grove-sentrum
• 10:20 – Vertrek by Grove-sentrum
• 10:45 – Aankoms by Crossing-sentrum (op die grasperk agter McDonald’s met vermaak.
• 12:50 – Vertrek by Crossing-sentrum
• 13:00 – Aankoms by Valley Hyper
• 14:15 – Vertrek by Valley Hyper
• 14:35 – Aankoms by i’langa Mall.


×