100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas in katgeveg in Bloemfontein vanaand

Written by on June 3, 2022

Met slegs twee wedstryde oor voor die halfeindrondes van die Curriebeker bepaal word, kan hierdie naweek se uitslae deurslaggewend wees.
Die Bulle is tans bo-aan die punteleer en is nie die naweek in aksie nie.
Tweede is die Cheetahs, wat verlede week ‘n groot nederlaag gely het teen die Griekwas wat hulle met 46-18 oorrompel het. Die Kimberley-span lê tans derde met 26 punte.
Die Haaie het 24 punte en die Pumas 22. Twee van hierdie drie kan nog in die top-vier eindig.
Vanmiddag speel die WP teen die Griekwas in Stellenbosch. Daarna takel die Pumas die Cheetahs in Bloemfontein met die gashere wat baas was in vier van hul vyf laaste kragmetings.
Die Haaie speel Saterdag teen die Leeus in Durban.
Die afskop by Toyota-stadion is om 18:00. Skakel regstreeks in op 100.5FM om dit te volg.


×