100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

President loof provinsie vir reaksie op Covid-19

Written by on July 3, 2020

President Cyril Ramaphosa het Vrydag Mbombela besoek om ondersoek in te stel na die provinsie se reaksie op Covid-19.
Hy het aangedui dat hy tevrede is, veral omdat Mpumalanga se strategie ook daarop fokus om kwesbare mense te beskerm.
Ramaphosa is op sy besoek vergesel deur die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize; minister in die presidensie, Jackson Mthembu; minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sowel as Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane.
Die toer is afgeskop by die provinsiale bevelsraad, gevolg deur ‘n besoek aan Cyril Clarke Sekondêr in Mattafin en afgesluit by Rob Ferreira-hospitaal.
Ramaphosa het Mpumalanga geloof vir hul reaksie op die Covid-19-pandemie.

Volgens die premier het Mpumalanga 1 478 positiewe gevalle, met nege sterftes.
“Ons wens ons kon meer aangename sake bespreek as die krisis wat die land tans ervaar, maar ek is tevrede om te hoor watter vooruitgang gemaak word,” het Ramaphosa aangevoer.
“Julle provinsie is tans beter geposisioneer as die Wes-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Hierdie is steeds die begin van die piek van die infeksies, wat ons reeds sien styg, ook in Mpumalanga.
“Ons is besorg oor infeksies wat in ander dele van die land eksponensieel toeneem. Dit is ‘n groot bekommernis vir ons.”
Ramaphosa het bygevoeg dat die premier se strategie hom gerus stel in hoe die provinsie die krisis bestuur.

 


×