100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Plaaslike atlete skitter op die baan en veld

Written by on March 25, 2021

Die atlete van Hoërskool Rob Ferreira het Saterdag by die Mpumalanga-klubkampioenskap in Secunda verskeie eerste plekke behaal.
In die seuns o.19 het Lwazi Mogodiri die 400m gewen in ‘n tyd van 48.92s, Junior Mondlane die verspring, Thapelo Nkuna die driesprong met 14.35m en Connor Barnes spiesgooi met ‘n afstand van 57.55m.


Die o.19 dogters se Zanele Sehohle het geskitter met ‘n wentyd van 1:46.00 in die 800m en Nqobile Mahlobo met 12.87s in die 100m.
Thapelo was ook tweede in die s.19 verspring. Zanele was ook tweede in die 400m. Nqobile het ‘n tweede plek behaal in die m.19 100m hekkies in ‘n tyd van 16.43s.
Pieter Quinn (s.17) het die spiesgooi gewen met ‘n afstand van 48m. Erin Merensky (m.17) was die wenner van die 100m hekkies in ‘n tyd van 16.9s.
 
Melissa Latsky (m.17) was tweede in die 100m hekkies en Ame Quinn (m.15) derde in spiesgooi.
Laerskool Nelspruit se atlete het ook goed presteer by die NWU/ACNW-atletiekbyeenkoms wat Vrydag en Saterdag in Potchefstroom aangebied is.
Die vier o.13-dogters het vir LowMed deelgeneem.
Zané Nel het ‘n eerste plek behaal in gewigstoot met ‘n afstand van 12.31m (929 punte) en ‘n vierde plek in diskus met 35.26m (803 punte).
Zoë Cilliers was vierde in die 100m in ‘n tyd van 13.24s (836 punte) en vierde in die 200m in ‘n tyd van 27.37s (833 punte).
Simoné Lourens het agtste geëindig in die 75m hekkies in 12.77s (806 punte) en negende in die 100m in 13.73s (775 punte).
Levandi Hough se 30.08s in die 200m het haar ‘n negende plek en 697 punte besorg. Sy was 16e in die 100m met ‘n tyd van 14.22s (722 punte).
Aangesien daar nie vanjaar ‘n SA-byeenkoms vir laerskole aangebied word nie, loop die seisoen hierdie naweek met ‘n byeenkoms op Secunda ten einde vir die laerskool-atlete.



×