100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Paasnaweek sterftes neem af, maar kommer oor voetgangers

Written by on April 17, 2023

Daar is vanjaar oor Paasnaweek minder sterftes aangeteken op die paaie in Mpumalanga as dieselfde naweek verlede jaar.
Volgens die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid is daar tussen 6 en 10 April 101 ongelukke aangemeld, ‘n afname van vyf teenoor verlede jaar.
Sewentien sterftes is aangemeld teenoor 23 in 2022.
Sien meer: Mpumalanga toon toename in padsterftes oor Paasnaweek 2022
Die meeste ongelukke het op munisipale paaie plaasgevind, gevolg deur die N4-tolpad, die N17, N2 en R571.
Dagvaardigings is beteken op sowat 5 155 bestuurders vir verskeie oortredings, insluitende roekelose en nalatige bestuur, en 40 is gearresteer vir dronkbestuur.
“Die meeste ongelukke was weens voetgangers wat deur voertuie getref is, kop-aan-kopbotsings, bestuurders wat beheer verloor het, voertuie wat omgeslaan het, ander teen hul kant getref het en van agter in hulle vasgery het,” sê die woordvoerder, Moeti Mmusi in ‘n verklaring.
Meer as 24 000 voertuie is gestop.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sê egter hy is bekommerd oor die hoeveelheid voetgangers wat dood is: Die afgelope Paasnaweek is sewe voetgangers op paaie oorlede, teenoor vyf in dieselfde periode verlede jaar.


×