100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pa vasgetrek wat glo baba se keel afsny

Written by on March 3, 2023

‘n 21-jarige man sal binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn, na hy glo sy drie week oue babaseuntjie keelaf gesny het.
Volgens die polisie het hy Woensdag die kind by sy 15-jarige ma afgeneem in Middelplaas buite Malelane.
Toe hy hom teen gisteroggend nog nie terugbesorg het aan haar nie, is die saak by die polisie aangemeld.
Die baba se lewelose liggaam is in bosse gestort gevind.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, word die pa aangekla van ontvoering, moord en regsverydeling.
‘n Klag van statutêre verkragting sal hoogs waarskynlik by die klagstaat gevoeg word, gegewe die ouderdom van die baba se ma.

Intussen is ‘n man lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op die ma van sy twee kinders.
Moses Jabulane Gama (59) is Woensdag in die Chief Albert Luthuli-streekshof gevonnis.
Hy het Nurse Zanele Nhlebeya, wat ook bekend was as Ntombanyana Nkosi, in Maart 2019 verskeie kere by haar vriend se huis geskiet.

Hy het homself aan die polisie in Elukwatini oorgegee, maar na hy borgtog toegestaan is versuim om weer te verskyn.
Mohlala sê hulle het hom in Desember in Soweto opgespoor.


×