100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Oud-Nellie KSA se Dowe Krieketspeler van die Jaar

Written by on September 16, 2022

Arthur McGee, ‘n oud-leering van Laerskool Bergland en Hoërskool Nelspruit, is aangewys as Krieket Suid-Afrika se Dowe Krieketspeler van die Jaar vir 2022.
Hy is nie net die jongste speler in die Titans Dowekrieketspan nie, maar is ook ingesluit in die SA Dowekrieketspan wat vanaf 1 Oktober in Dubai aan die Internasionale Dowekrieketraad (DICC) se T20-kampioenetrofee gaan deelneem.

Sy ma Hannelie sê die krieketgogga het gebyt na die legendariese speler, Fanie de Villiers, hom gehelp het om kogliêre inplantings te kry.

Hoewel hy met die gehoorapparate kan hoor, mag geen speler daarmee krieket speel nie.
Arthur het vir Gerhardt en Andri vertel dat hy voel hy speel beter daarsonder. Luister weer hier:


×