100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Gemeenskap keelvol vir haglike paaie

Written by on February 22, 2024

Die DA in Mpumalanga het sy oproep herhaal dat die provinsiale regering aandag skenk aan die haglike paaie rondom Thaba Chweu-munisipaliteit.

Dit volg na die Badfontein-gemeenskap sedert gister die R36 tussen Lydenburg en Bambi versper uit protes teen sy uiters swak toestand (sien hiernaas).

Sonia Boshoff, ‘n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, sonder die R540, R536 én R36 uit as besonder gevaarlik.

R540-pad

Die R540-pad.

Sy sê hul toestand belemmer boonop ekonomiese en sake-bedrywighede vir inwoners van Lydenburg, Dullstroom, Bambi en Hazyview.

Boshoff het die party se oproep van November herhaal dat die LUR vir die Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer daadwerklik ingryp.

15 km ry na gemeenskap R36 versper – 21 Februarie 17:15

Die Badfontein-gemeenskap versper die R36-pad tussen Lydenburg en Bambi sedert vanoggend met twee vragmotors uit protes teen die haglike toestand van ‘n deel van die pad.

Volgens Gideon Cross, ‘n jarelange inwoner, het konstruksie sowat ses jaar gelede begin om die 50 km-pad in fases te herbou.

Die kontrakteur wat tans met die derde fase van sowat 10 km besig is, het ‘n ompad gebou vir motoriste se gebruik, maar Cross sê dit word swak onderhou.

“Dit laat ons nog met die laaste 10 km wat niemand weet wanneer dit ooit gedoen sal word nie.

“Die eerste twee fases is reeds weer flenters gery en vol slaggate,” sê hy.

Volgens Cross is die pad báie gevaarlik en dra dit swaar verkeer.

“Die hoeveelheid vragmotors wat chroom en platinum na Maputo vervoer is eenvoudig te veel.”

Boonop staak werkers, omdat die kontrakteur sedert November glo nie deur die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer betaal is nie.

Die gemeenskap eis dat die departement op hul griewe reageer voor hulle die pad wees oop sal stel.

Volgens berigte beloop die ry vragmotors wat gestrand staan sowat 15 km en kan Lydenburg glad nie via die roete bereik word nie.

Sien ook: Wildtuin maak hiëna van kant wat werknemer is haar slaap byt


×