100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

‘Op my eish! 2’ beloof avontuur, trane en verrassings

Written by on April 13, 2022

Die tweede seisoen van Op my eish! met plaaslike boorling, Francois Jacobs as die hubare losloper was liefde soek, skop Donderdag, 14 April, op kykNET af.
Hy kies aanvanklik 15 vroue om beter te leer ken, en ná blitsafsprake moet hy ongelukkig reeds in episode een vir drie van hulle totsiens sê.
Die realiteitstelevisiereeks is gedeeltelik in die Laeveld verfilm, in en om sy tuisdorp, Mbombela en sluit baie avontuurlustige aktiwiteite in, iets waarvoor Jacobs ‘n voorliefde het.
Die 13 episodes beloof gebroke harte, beserings, onverwagse bekendstellings en skokonthullings. Daar is natuurlik ook baie lag, veral met sy wingman, komediant Schalk Bezuidenhout in die omtrek.
Jacobs sê kykers kan ook verwag om self verlief te raak op elke deelnemer. Hy wil egter nie verklap of hy aan die einde liefde gevind het nie.
“Ek het regtig nie geweet waarvoor ek myself inlaat nie,” voeg hy by.
Hy het vir Ludi meer vertel. Luister weer hier:

Op my eish! wys Donderdae om 20:00 op DStv-kanaal 144. Die reeks sal ook op DStv Catchup beskikbaar wees.


×