100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ondersteun die Pumas Saterdag hier

Written by on June 24, 2022

Sluit môre aan by een van die Puma-ondersteunersparke vir die Curriebeker-eindstryd. Ja, daar is beurtkrag by jou huis, maar by Mbombela-stadion sal die groot skerm werk. Dit is onder dak, en jy kan jou gazebo opslaan en jou maatskappy handelsmerk uitstal om jul ondersteuning te wys.
Kom braai en geniet die biertent. Daar is vermaak vir die jongspan. Toegang is gratis. Hekke open om 11:00.
Die skool met die grootste gees word ook R5 000 ryker.
Ander Puma-ondersteunersparke is by Jock in Nelspruit, PhatBoyz in Witrivier, Loggers in Sabie en Diggers in Lydenburg.
Die wedstryd word ook met regstreekste kommentaar van Radio Rugby uitgesaai op 100.5FM met direkte oorskakelings na die 100.5FM-spanne by die stadion, Jock en PhatBoyz. Die afskop is om 15:00.
Onthou ook om jou voorspelling vir die telling te stuur na 061-496-4323 om ‘n kans te staan om ‘n ondersteunerstrui wat deur die Pumaspan geteken is, R500 Crown National geskenkbewys, en biltong te wen.


×