100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nelspruit polisiestasie sluit weens Covid-19

Written by on July 13, 2020

Nelspruit polisiestasie sal Maandag gesluit wees.
Volgens die provinsiale woordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het ‘n polisielid Sondag positief getoets vir Covid-19.
Die stasie sou aanvanklik eers Woensdag heropen vir die publiek, maar die gebou is gister reeds ontsmet.
Bedrywighede sal daarom al Dinsdag normaal by die stasie kan hervat.
Tot dan, is ‘n mobiele kantoor in die stasie se parkeerarea ingerig. Die ingang is in Henshallstraat.
Die stasie se telefoonlyne word tans ook nie beman nie. Inwoners kan die stasie kontak by: 082-303-9658, 082-462-2582 of 066-480-1408.

Verskeie stasies in Mpumalanga moes die afgelope weke tydelik sluit weens polisielede wat positief vir die virus getoets het.
Volgens Hlathi het al die kantore weer heropen, met die uitsondering van Nelspruit en Chrissiesmeer wat ook Dinsdag weer oop sal wees.
In Chrissiesmeer word Parkwoodstraat 70 tydelik gebruik. Skakel 017- 847-0038 of 082-579-0210 vir klagtes of navrae.
Volgens die jongste Covid-19-syfers, het die land die 250 000-kerf oorgesteek.
‘n Totaal van 276 242 mense het al landwyd positief getoets vir die virus. Daarvan is 12 058 nuwe gevalle in die vorige 24 uur aangemeld.
In Mpumalanga staan die totaal op 3 977 gevalle, met 910 mense wat reeds herstel het. Twee-en-twintig mense is in die provinsie dood.


×