100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nellies redeneer weer top-plekke los by ATKV

Written by on August 20, 2021

Leerders van Hoërskool Nelspruit (NHS) het by die afgelope ATKV-Redenaarskompetisie weer uitstekend presteer.
Ten spyte van vele uitdagings met die reisverbod het die ATKV vanjaar ‘n haas uit die hoed gepluk en kon die deelname aanlyn plaasvind.
In die Senior Huistaal-afdeling was vyf van die top 10 redenaars in Mpumalanga NHS-leerders. Cornelis van Dyk (gr.10) het as wenner uit die stryd getree met sy toespraak “Stilbly is kos vir verval”.
Kort op sy hakke in die tweede plek het Naomi van der Nest, Dux 2021, dit onomwonde gestel dat daar nie ‘n alternatief vir verantwoordelike vaderskap is nie. Jeané Strydom (gr.11) het ‘n vierde plek losgepraat, met Anke Oelofse (gr.11) en Andrich Eloff (gr.10) wat onderskeidelik in die sewende en tiende plek geëindig het.
Cornelis was ook uit die meer as 1 000 seniors nasionaal in die 15de plek. Naomi was ook onder die top 100.
Kyk sy toespraak hier. 

In die Senior Addisionele Taal-afdeling het NHS se Amenda Bunting (gr.12) haar uitstekend van haar taak gekwyt om die gehoor te oortuig dat tieners se alternatiewe benadering goud werd is en daarmee as wenner uit die stryd getree.
Siné Repinga (ook in gr. 12) het tweede geëindig met Anthony Mabuza in die derde plek. Dié drie oulike leerders eindig ook vanjaar in die top 20 nasionaal.
Amenda, wat voorheen twee maal aan die nasionale finaal deelgeneem het, eindig vanjaar vyfde nasionaal met Siné in die negende plek.
Die juniors het nie op hulle laat wag nie en die kranige spreker, Francois Louw (gr. 8) het met sy toespraak, “Afronding bepaal die waarde, nie deugsaamheid nie”, eerste in die Afrikaans Huistaal-afdeling in Mpumalanga geëindig. Nina Prinsloo (ook gr. 8) het die agtste plek hare gemaak.



×