100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nasser troef Botteril op Afrika-podium in Dullstroom

Written by on November 30, 2021

Die TRAC N4-tydren Vrydag en Saterdag in Dullstroom het behoort aan Uganda se Yasin Nasser en Ali Katumba.
Hulle het met hul debuut in Suid-Afrika gewen, nadat plaaslike ryers Guy Botteril en Simon Vacy-Lyle se Toyota Etios R4 beide dae nie die renne kon klaarmaak nie.
Nasser kon Botteril so om die tweede plek op die algehele podium vir die Afrika Kampioenskappe klop. Kenia se Carl Tundo het reeds in Oktober die Afrika-kroon in Rwanda ingepalm.
Die tydren was ook die finale rondte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenreeks. Theuns Joubert van Salom Racing en Greg Godrich van Rally Technic het die reeks met die meeste punte afgesluit.
Jayden Els en Schalk van Heerden het tweede geëindig, en Chris Coertse en Mari Ducasse derde.
Nie eens die koue, nat weer in eMakhazeni kon ‘n demper op die tydren plaas nie, sê TRAC se kommunikasiebestuurder, Solange Soares.
“Kompetisie tussen die 28 deelnemende spanne oor die twee dae was straf en intens en, saam met die uiterste weerstoestande, hoogs uitdagend in die S&N Timbers en Safcol plantasies.
Volgens TRAC se uitvoerende hoof, Alex van Niekerk, is TRAC baie trots om met die tydren geassosieer te wees. Hy het die deelnemers vir hul kameraderie en sportmangees geloof.
Die hoof begunstigde van die tydren is vanjaar weer die Dullstroom Epilepsiesentrum.
Kyk ‘n video van dag 2 van die aksie hier:


×