100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nasionale stilstand: Laeveld JOC hou jou op hoogte

Written by on March 20, 2023

13:30
Die EFF het die Eskom-gebou verlaat en beweeg in die rigting van Transnet.
===========
12:34
Die protesteerders het by die Eskom-gebou in Brownstraat aangekom. Hulle word steeds deur die polisie vergesel.
==========
11:45
Die EFF-betogers sal na verwagting om 12:30 hul optog in Mbombela hervat en na vermoede na die Eskom-gebou in Brownstraat stap. Die situasie bly kalm.
==========
10:33
‘n Groep EFF-ondersteuners is op pad na Mbombela vanaf Mataffin. Hulle word deur die polisie vergesel. Die situasie is onder beheer.
==========
10:17
Die situasie in Mbombela en omliggende area bly hoofsaaklik kalm.
Ontwrigting in Mataffin het geeskaleer. Die polisie is op die toneel.
Busdienste loop normaal.
==========
09:10
Protesaksie rondom die nasionale stilstand in Mbombela en omliggende areas is meestal kalm, met etlike ontwrigtings in Mataffin. Die polisie is op die toneel, maar toegangsroetes word versper.
Die afdraai na die Hermansburg-pad vanaf die Kaapsehoop-pad is weer oopgestel, maar ‘n klein groepie protesteerders is teenwoordig.
Busdienste is tydelik opgeskort in Makoko en is ontwrig in KaBokweni.
Verder is alle paaie in Mbombela tans oop.


×