100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nagmerrie by Lebombo-grenspos duur voort

Written by on January 9, 2021

Chaotiese toestande duur voort by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte.
Christel Botha Jardim en haar gesin probeer al sedert Dinsdag die land binnekom.
Die bestuurder van Lebombo, Obed Maditsi, sê daar is bloot te veel mense en te min parkering.
Mense moet ook vir Covid getoets word, hoewel toetssertifikate wat in die ry verval, aanvaar word, volgens hom.
Die grens maak ook snags toe weens die aandklokreël met die gevolg dat mense vir dae in hul karre slaap.

Jardim, haar man en hul twee kinders van onderskeidelik 8 en 16 jaar oud slaap al sedert Woensdag in hul voertuig.
“Daar is baie motors en bussies wat kanse vat en indruk. Daar is heelwat polisie wat die verkeer probeer beheer, maar ongelukkig is daar een of twee wat anderpad kyk vir ‘n fooi,” sê sy via WhatsApp oor die “sirkus” aan die Suid-Afrikaanse kant van die grens.
Maditsi verduidelik: “Daar is so baie karre en beperkte parkeerplek, wat die bottelnek veroorsaak.
“Mense word deur die grens geprosesseer, maar wag dan vir die voertuie. Ons het net 50 parkeerplekke.”
Boonop moet mense vir Covid-19 getoets word.
In praktyk gebeur dit dan dat ‘n voertuig kan parker, maar die insittendes eers in ‘n ry moet staan om getoets te word. Wanneer hulle hul uitslae ontvang, kan hul paspoorte geprosesseer word. Dan eers word ‘n parkeerplek beskikbaar.


“Ons ontken nie dat mense vir dae in hul voertuie moet slaap nie, maar die ry was 20 km lank in Mosambiek. Dit is nou sowat 6 km.
“Ons prosesseer so 3 000 mense per dag. Ons maak vordering.”
Dit is skrale troos vir die slagoffers van die lang rye, wat sê hulle verstaan nie hoe hulle ‘n negatiewe toets, wat vir slegs 72 uur (drie dae) geldig is, moet produseer as hulle vir langer as dit in die rye wag nie.
Maditsi voer aan dat hulle toetse wat “verval” terwyl mense in die rye is, tog aanvaar.
Hy sê ook dat daar vyf toetsstasies is, waarvan drie vir Suid-Afrikaners bedoel is, en waarvoor twee private maatskappye saam met die gesondheidsdepartement ingespan word.
Getuies vertel egter ‘n ander storie.
Nog ‘n massiewe probleem is die aandlokreël.
“Dit help nie ons prosesseer mense tussen 21:00 en 06:00 nie, waarheen gaan hulle gaan?” vra hy.
Oor mense se klagtes dat geen Covid-19-veiligheidsmaatreëls in die rye afgedwing word nie, sê die bestuurder dat hulle probeer om mense uit mekaar te hou, maar hulle hou die daarby nie, al help ‘n sekuriteitsmaatskappy die polisie daarmee.
‘n Totaal van 31 mense het Woensdag op die grens positief getoets vir die virus, en 45 Donderdag.


×