100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

In foto’s: Munisipale werkers blok strate in Mbombela

Written by on September 10, 2020

‘n Klein groepie werkers van Mbombela-munisipaliteit het Donderdagoggend groot dele van die middedorp met vullis bestrooi.
Sommige paaie is met klippe en asblikke geblok en van die rommel is aan die brand gesteek.

Die munisipale bestuurder, Wiseman Khumalo, het daarna met hulle by die burgesentrum vergader.
Daar word verstaan dat hulle glo ‘n grief het oor hul salarisstruktuur.
John Meintjies van ACS Sekuriteit sê hulle het saam met lede van die gemeenskap en taxi-bestuurders die klippe uit die strate gehaal om dit weer gangbaar te maak.


×