100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga stadigste met inentings

Written by on July 9, 2021

Mpumalanga se inentingskoers is vêr onder dié van ander provinsies volgens bevolking. In totaal is 185 990 mense teen gister in die provinsie ingeënt.
Dumisani Malamule, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, sê hulle doen alles wat hulle kan om mense aan te moedig om die inentings te ontvang, maar mense moet dit vrywilliglik doen.
Soos toetse vir Covid-19, is inentings gratis by die regering se inentingslokale, asook wanneer hulle ‘n pasiënt na ‘n private instelling verwys.
Wanneer private instansies direk gekontak word, kan hulle geld daavoor vra sou mense nie ‘n mediese fonds hê nie, verduidelik hy.

Registrasie vir Covid-inentings open op 15 Julie vir mense tussen 35 en 49 jaar oud met inenting van die groep wat teen 1 Augustus behoort te begin.
Daar is die afgelope 24 uur 1 448 nuwe gevalle van die virus in Mpumalanga aangemeld en 17 sterftes. Dit bring die aantal aktiewe gevalle in die provinsie tot by 9 321 – teenoor Gauteng se 102 857. In totaal het 103 031 mense positief getoets vir die virus in Mpumalanga sedert Maart 2020.
Meer as 4 miljoen mense is tot dusver landwyd daarteen ingeënt.
Malamule sê sowat 34 000 uit die 46 000 onderwyspersoneellede in hul diens het tot dusver die inenting ontvang. Een uitdaging is dat sommige onderwysers die virus onder lede het, en daarom moet wat voor hulle die entstof kan ontvang.
Die departement se fokus is nou op onderwysers wat deur beheerliggame en in die private sektor aangestel is.
Die inenting van polisielede het gister afgeskop. Die polisie in Mpumalanga beplan om meer as 11 000 werknemers in te ent.
Om te registreer, besoek https://vaccine.enroll.health.gov.za/#/ of stuur ‘n WhatsApp met die woord “Register” na 0600-123-456, of stuur ‘n SMS na 134*832 gevolg deur jou ID-nommer.


×