100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga sluit ooreenkoms met Longan in China

Written by on June 18, 2025

Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, het ‘n vyf-jaar memorandum van verstandhouding onderteken met die Longan-munisipaliteit in China.

Ndlovu is op ‘n besoek aan dié land.

Die fokus van die memorandum is op ondermeer samewerking in industrieë en landbou, infrastruktuur-ontwikkeling en die identifisering van talent.

Ndlovu sê dit definieer aksieplanne om handel tussen die provinsie en Longan te versnel en, deur die Internasionale Varsproduktemark, plaaslike boere te bevoordeel.

Die afvaardiging het ook ‘n olyfplaas besoek. 

Luister:

Audio Player

 


Share on Facebook
Share on Twitter
Share on Pinterest
Share on Linkedin
Send by Whatsapp
Love