100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga-slaagsyfer toon klein afname

Written by on January 21, 2022

Matriekleerlinge in Mpumalanga het in 2021 ‘n slaagsyfer van 73,6% behaal, ‘n klein afname van verlede jaar se byna 74%. Van hulle het 31,5% met universiteitsvrystelling geslaag.
Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die aankondiging gemaak by die Universiteit van Mpumalanga.
Ehlanzeni-distrik het die hoogste slaagsyfer van 75,6%.
Thaba Chweu tel onder die top vyf munisipaliteite en Mbombela was die beste kring met 91,4% van graad 12’s wat geslaag het. White Hazy en Thulamahashe tel ook onder die top 10 kringe in Mpumalanga.
Mtshweni-Tsipane het diegene wat gedruip het, aangemoedig om die jaar te herhaal.

In totaal spog 19 skole met ‘n slaagsyfer van 100%.
In Hoërskool Rob Ferreira het 99,3% geslaag. Martiens le Roux het agt onderskeidings, Dasha du Toit sewe en Umaimah Gani, Gohann du Toit, Lanique Oberholzer ses en Xongile Maakana en Delight Bvekerwa vyf elk.
Dasha is ook aangewys as die top-presteerder in Geografie in Mpumalanga.
Hoërskool Bergvlam se Anje Smit tel onder die Top 10 gr. 12-kandidate in Mpumalanga met haar gemiddeld van 94% en sewe onderskeidings. Rizwaanah Bellim het ook sewe onderskeidings en Tamira Jamal ses.
Emeldy Novelle, Nkosingiphile Masinga, Malise de Villiers, Christo van der Walt en Bernard van Heerden het elk vyf A-simbole.
In totaal het 113 Vlammies met universiteitstoelating geslaag.
Hoërskool Nelspruit het nie hul slaagsyfer bekendgemaak nie. Jana Engelbrecht, Franco Erasmus, Lanika Leuvennink, Kyle Macdonald, Carla Mouton en Christo Nel het almal sewe onderskeidings.
Michaela Carelse, PJ Coetzee, Rijk de Kock, Janu Erasmus, Charles Janson, Teneil le Roux, Sumari Naudé, Chevonne Sevenster en FC van Wyk het ses elk.
Hugo Coetser, Wentzel Erasmus, Ruben Gründlingh, Darienne Klapprott en Naomi van der Nest vyf elk.
Die top-presteerder in Mpumalanga, Kgothatso Mogakane, het in al sewe haar vakke A’s gekry. Sy het in 2021 aan KwaMhlanga Sekondêr gematrikuleer. Hy het onder meer 100% vir fisiese wetenskappe en 100% wiskunde behaal, en 99% vir rekeningkunde.
In Mpumalanga het slegs 54% van alle leerlinge wat geskryf het, wiskunde geslaag, en 61,5% fisiese wetenskappe, terwyl die regering 70% teiken.


×