Mpumalanga-premier skommel haar kabinet

Written by on February 24, 2021

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die Mpumalanga premier het vanoggend verskeie veranderinge aan haar kabinet aangekondig.
Refilwe Mtshweni-Tsipane sê dit is om dienslewering te verbeter en vroue en jongmense in te sluit.

“Belangrik onder my oorwegings is om lede in te sluit wat toewyding, harde werk en integriteit vergestalt en beskik oor die nie-onderhandelbare toewyding om die lewens van ons mense te verbeter.”
Die nuwe LUR’e is Vusi Mkhatshwa vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Speedy Mashilo vir menslike nedersettings, Mohita Latchminarain vir openbare werke en Busisiwe Shiba by samewerkende regering.
Vusi Shongwe skuif van landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake terug na gemeenskapsveiligheid, Mandla Msibi van samewerkende regering na landbou, Thandi Shongwe van maatskaplike ontwikkeling na sport en kultuur en Lindiwe Ntshalintshali van sport en kultuur na maatskaplike ontwikkeling.
Die premier het die uitgaande LUR’e vir hul diens bedank. Hulle is Pat Ngomane (finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme), Gabisile Tshabalala (gemeenskapsveiligheid), Gillion Mashego (openbare werke en paaie) en Norah Mahlangu (menslike nedersettings).
Sasekani Manzini by gesondheid en Bonakele Majuba by onderwys bly onveranderd.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Current track

Title

Artist

Background
×