100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga maak gereed vir heropening van skole

Written by on May 19, 2020

Mpumalanga se onderwysdepartement werk onverpoosd om plaaslike skole vir heropening gereed te kry.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sal na verwagting vanmiddag ‘n aankondiging oor die hervatting van die akademiese jaar te midde van die Covid-19-pandemie maak.
Voorlopig is beplan dat gr. 12 en gr. 7-leerlinge op 1 Junie na die skoolbanke terugkeer.
In Mpumalanga doen die plaaslike departement alles wat hy kan om voorbereid te wees, vir watter datums ook al aangekondig word vir die verskillende grade.
Volgens die woordvoerder van die departement, Jasper Zwane, probeer hulle die aflewering van veiligheidstoerusting en ontsmetting van skole bespoedig.
Skoolhoofde het ook verlede week opleiding ontvang in veiligheidsmaatreëls en skoolbestuurspanne is vandeesweek aan die beurt.

Mpumalanga het van die minste Covid-19-gevalle van al die provinsies: 76 waarvan 53 reeds herstel het.
Hy voer aan dat die moontlike terugkeer na skole volgens graadgroepe fisiese afstand sal bemaklik, omdat leerlinge in meer klasse opgedeel sal word, met ander onderwysers wat sal help met klasse.
Baie van Mpumalanga se skole het egter ernstige uitdagings met onder meer hul watertoevoer en sanitasie.
Zwane sê dat verskeie projekte in Mpumalanga onderweg is.
‘n Totaal van 58 skole is van watertenks voorsien, en 28 van waterfonteine waar mense hul hande kan was.
‘n Totaal van 375 waterinfrastruktuur en sanitasieprojekte is ook onderweg.
Beheerliggame is verder gevra om met hul instandhoudingsbegrotings te help waar hulle kan.
“Ons doel alles moontlik,” sê Zwane. “Ons is optimisties dat leerders sal kan terugkeer in watter fases ookal aangekondig word.”
Motshekga het al verskeie kere verwagte aankondigings uitgestel.
Volgens haar department konsulteer sy wyd met rolspelers.
Sy het haar versekering gegee dat die veiligheid van leerlinge en onderwysers en werknemers voorop gestel word in alle besluite.
Motshekga se perskonferensie sal na verwagting vanaf 16:00 uitgesaai word.


×