100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga gereed vir piek van pandemie

Written by on July 30, 2020

‘n Nuutgeboude Covid-19-afdeling by Tonga-hospitaal word Vrydag deur die departement van gesondheid in ontvangs geneem.
Die afdeling het 75 beddens, 26 daarvan vir hoësorg-pasiënte.
LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, het die fasiliteit Dinsdag besoek. Sy het Woensdag ook die Mpumalanga Kollege vir Verpleging in KaBokweni besoek.
Woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Dumisani Malamule, sê hulle het die styging in positiewe gevalle verwag en kon daarvoor voorberei.
‘n Totaal van 13 280 positiewe gevalle is tot dusver aangemeld. ‘n Week gelede was die totaal 7 637 en die week voor dit 4 554.
Vyf-en-sestig mense is weens die virus dood.

Landwyd staan die totale infeksies op 482 169. Sover is 7 812 mense in Suid-Afrika weens die virus dood.
In Mpumalanga sê Malamule is daar “genoeg” beddens, beskermende klere en addisionele verpleegsters is aangestel.
Hy kon wel nie bevestig presies hoeveel beddens daar in die provinsie se hospitale beskikbaar is nie.

Amper ‘n duisend nuwe gevalle is hierdie week binne twee dae in Mbombela aangemeld.
Volgens die jongste beskikbare syfers per munisipale area, vir 29 Julie, het 1 667 mense in die area positief getoets. Amper die helfte, 800, het herstel. Vyf mense is dood.
Die meeste steftes (11) is in Govan Mbeki-munisipaliteit. eMalahleni (Witbank) en Mkhondo het 10 elk. Laasgenoemde het 225 positiewe gevalle teenoor eersgenoemde se 3 243. Geen ander area het tot dusver meer as 2 000 gevalle nie.

Munisipale areas in volgorde van sterftekoers
Mkhondo 4,6
Bosbokrand 1,54
Lekwa 1,31
Thembisile Hani 1,07
Dr Prixely Ka Isaka Seme 1,04
Msukaligwa 0,84
Govan Mbeki 0,65
Chief Albert Luthuli 0,43
Mbombela en eMalahleni 0,32
Steve Tshwete 0,26
Nkomazi 0,19
Thaba Chweu, eMakhazeni, Dipaleseng, Victor Kanye en Dr JS Moroka het nog geen sterftes aangeteken nie.


×