100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga fietstoer skop Saterdag af

Written by on August 4, 2022

Die jaarlikse Mpumalanga Fietstoer skop Saterdag in Witrivier af. Dit begin by Casterbridge en eindig vyf dae en 612 km later op Woensdag, 10 Augustus in Middelburg.
Dit is die sewende fietstoer sedert hy in 2015 begin het om as wegspringplek te dien vir fietsryers soos Willie Smit en Matthew Beers wat nou top fietsryers is.
Die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning (DCSR) waarsku motoriste om op die uitkyk te wees omdat die ryers verkeer op paaie kan ontwrig.
Saterdag 6 Augustus 07:30
Casterbridge – Sabie Longtom Pass – Casterbridge
Sondag 7 Augustus 07:30
Perry’s Bridge – Bosbokrand – Graskop – Sabie – Brondal – Casterbridge
Maandag 8 Augustus 07:30
Casterbridge – Sudwala – Mbombela – Casterbridge
Dinsdag 9 Augustus 07:30
Mbombela – eManzana
Woensdag 10 Augustus 07:30
eManzana – Carolina – Hendrina – Midway Hotel, Middelburg.


×