100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga bevestig 35 Covid-19-gevalle

Written by on May 3, 2020

Die provinsie het amptelik 35 bevestigde gevalle van Covid-19.

Van hulle het 18 pasiënte reeds herstel, het die provinsiale departement van gesondheid Saterdag bekend gemaak.

Woorvoerder vir die provinsiale departement, Dumisani Malamule, het bevestig dat daar tot dusver siftingstoetse op 810 285 mense gedoen is.

Hulle fokus tans op die areas waar gevalle bevestig is.

Daar is sewe in Mbombela (waarvan vyf herstel het), 12 in Nkomazi (waarvan ses herstel het) en een in Bosbokrand waar ‘n dokter vroeër die week positief getoets het.

Mapulaneng-hospitaal is intussen ontsmet en weer operasioneel, met slegs die tandheelkunde-afdeling (waar die dokter werksaam was), wat gesluit is.

Die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, het vandeesweek Rob Ferreira-hospitaal besoek, waar ‘n GeneXpert molekulêre diagnostiese toestel nou in gebruik is.

Dit sal toetsuitslae vir Covid-19 in die provinsie bespoedig.

Tans is ‘n totaal van 128 mense in kwarantyn in die provinsie, aldus Malamule.

Hy het verduidelik dat die siftingstoetse ‘n aanduiding gee van watter mense verdere toetse moet ondergaan.


×