Robin J


Robin J shows

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Ek het op 1 Augustus 2003 by Radio Laeveld as aanbieder begin en het al verskeie programme van ontbyt tot laataand aangebied. Ek het vir bykans nege jaar die Saterdagoggend program “Die Hande In Die Tuin” saam met Diane Ross van Montana Garden Pavilion aangebied en is ook later as Program Bestuurder en Stasie Bestuurder op 100.5fm aangestel.

“Ek het met die geboorte van Gemeenskap Radio in Suid Afrika in Pretoria by Radio Rippel (nou GrootFM) as spitstyd aanbieder begin uitsaai, en later ook ‘n draai op KykNet met DKNT en as Verkoopsbestuurder by MPowerFM (nou Rise FM) gemaak voor ek die Laeveld berge op die rug van ‘n Harley opgesoek het”. Daar is volgens my nie ‘n beter plek om ‘n familie te begin nie, en as jy eers die water hier geproe het is daar nie terugkeer nie. Een hoogtepunt wat uitstaan is die eerste internasionale buite-uitsending vanuit Nederland op Radio Laeveld in 2007.

Die wêreld van radio verander so vinnig in Suid Afrika en maak dit ‘n besonderse uitdaging om in hierdie tyd deel daarvan te wees. Aanlyn, digitaal of deur die FM radiogolwe, die beste ervaring is wanneer jy ‘n spesiale oomblik en/of liedjie met iemand op daardie oomblik kan deel.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Current track

Title

Artist

Background