100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man vas weens dagga, roekelose bestuur

Written by on February 16, 2024

‘n Man sou vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn na hy Woensdag gearresteer is vir beweerde roekelose bestuur naby Mjejane.

Boonop was die voertuig met ses sakke dagga gelaai.

Die polisie sê die name en adresse van die mense vir wie dit bestem was in Gauteng, was duidelik op die sakke aangebring.

Hy is afgetrek toe hy met sy Toyota Corolla oor ‘n soliede wit streep ‘n ander voertuig verbygesteek het.

Hy het weggejaag en is na ‘n jaagtog met die owerhede op die Coopersdal-pad aangekeer.

Luister ook: Boer in die VSA: Wat jy moet weet


×