100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Liggaam van vermiste man van Marloth ontdek

Written by on February 2, 2023

Die liggaam van Nicolaas Jacobus Hauman (62), ‘n inwoner van Marloth Park wat gisteroggend vermis geraak het, is gevind.
Volgens Christo Marais van Securicon is sy lewelose liggaam sowat 50 m vanaf sy voertuig in die suikerriet ontdek.
Die oorsaak van sy dood is tans onbekend.
================
2 Februarie 2023, 11:13
Nicolaas Jacobus Hauman (62), ‘n inwoner van Marloth Park, word sedert gisteroggend vermis.
Volgens Christo Marais van Securicon het hy vroegoggend gery om ‘n verwer te gaan oplaai.
Sy voertuig is om ongeveer 04:40 op die Ngwenya-pad gevind waar dit teen ‘n boom vasgery het.
Spanne soek sedertien na Hauman.
Enigiemand met inligting is gevra om Marais te kontak by 082-824-2392 of vir Yolandie Dippenaar by 079-883-3350.


×