100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee keer lewenslank vir man wat vriendin en haar suster vermoor

Written by on May 19, 2023

LUISTER DIE BERIG HIER

Hlabirwa Rassie Nkune (37) is gister twee lewenslange vonnisse opgelê in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.

Dit is vir die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko (46) en haar suster, sers. Marcia Mazibuko (41) in Kanyamazane verlede jaar.

Hulle is op 15 Mei 2022 doodgeskiet.

Marcia was ‘n polisiebeampte.

Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, Monica Nyuswa:

Twee aanklagte van poging tot moord is teen Nkune teruggetrek.

Hy het skuldig gepleit op die moordklagte, maar die hof het sy weergawe van Pretty se dood verwerp omdat dit nie met die NVG se feite gestrook het nie.

Die verhoor het Maandag begin en ‘n ooggetuie is geroep.

Nkune is Dinsdag skuldig bevind.

Hy staan ook in Delmas tereg op die moord van ‘n ander vriendin.

Sien ook: Vierde verdagte in Hillary Gardee-saak verbind met op drie ander vroue

Moordklagtes is vroeër voorlopig teen hom en drie medebeskuldigdes teruggetrek in die Hillary Gardee-saak.

Lees meer: Klagte voorlopig teruggetrek teen Hillary Gardee-beskuldigdes


×