100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ma loof fenomenale gemeenskap, reddingswerkers vir Selanna se redding

Written by on April 16, 2021

Selanna Biggs (19) is steeds in die hospitaal na sy Sondag gevind is waar sy amper 28 uur in haar motor vasgekeer was na ‘n ongeluk.
‘n Groot soektog is van stapel gestuur sedert sy Saterdagmiddag as vermis aangemeld is. Sy is eindelik in ‘n plantasie naby Kaapsehoop gevind.
Haar ma, Melisa Biggs, sê dit was verstommend hoe die gemeenskap saamgetrek het en ingespring het om te help om na haar dogter te soek.
“Wat ons getref het, is dat jy in tye soos hierdie kan besef jy kan in die mensdom glo, hoe wonderlik mense is en hoeveel hulle regtig omgee,” sê sy vir Réhann Coetzee.

“Om te dink dat mense hul Sondag opgeoffer het. Ons het almal stres, ons is moeg, ons werk hard. Sondae is kosbare gesinstyd, maar almal het hul hele dag opgegee om te ry en te soek en kyk en bel en bid.
“Dit is oorweldigend. Ons familie is diep dankbaar. Dit voel asof ‘dankie’ nie genoeg is nie, maar ons wil hê mense moet weet ons is ontsettend dankbaar uit ons siele uit.
“As dit nie was vir die gemeenskap nie, het ons vandag by ons dogter se graf gestaan, eerder as langs haar hospitaalbed.”
Melisa het ook gesels oor die lyste van mense wat hulle wil bedank en die pad vorentoe.
Johan du Plessis vertel ook hoe dit hulle bykans twee uur geneem het om Selanna te red nadat hulle haar kar opgespoor het.
Luister weer hier na die gesprek.

Lees meer oor hoe jy jou ondersteuning vir haar kan wys, hier: Dra ‘n pet vir Selanna Biggs hierdie Vrydag


×