100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister weer: Stappe wat ouers kan neem om hul kinders aanlyn te beskerm

Written by on September 2, 2022

Die digitale wêreld is so deel van mense se alledaagse lewens, dat dit ondenkbaar is om kinders heeltemal van toestelle te weerhou. Boonop bied tegnologie soveel voordele.
Tog toon onlangse navorsing deur die navorsingseenheid vir die jeug verbonde aan die Unisa Bureau vir Marknavorsing dat meer as die helfte (55%) van jong Suid-Afrikaanse kinders gereeld pornografie aanlyn kyk.

Dit is ‘n realiteit, bevestig Nicole dos Santos, die hoof van ontwikkeling by Penryn, ‘n feit wat ouers konfronteer met die vrees van hoe veilig of kwesbaar hul kinders werklik aanlyn is.
Dos Santos sê kinders kom gewoonlik aanvanklik per ongeluk met pornografie in aanraking, maar ouers kan hulle beskerm.
Sy het met Ludi en Mireille gesels oor wat ouers kan doen. Luister weer hier.


×