100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister weer: Hoekom almal ‘n testament benodig

Written by on September 13, 2022

Dit is Nasionale Testamenteweek, wat die publiek die geleentheid bied om vanaf 12 tot 16 September ‘n basiese testament gratis deur ‘n prokureur te laat opstel.
Ambress Dickenson van Stegmanns Inc het aan Gerhardt en Andri verduidelik hoekom dit nodig is om die belange van geliefdes te beskerm, selfs al het jy nie baie bates nie.

Selfs al het jy net ‘n bankrekening met R5 in en ‘n kar, gee ‘n testament jou die geleentheid om te besluit wie wat erf en om ‘n eksekuteur van jou keuse wat jy vertrou aan te wys.
As jy te sterwe kom sonder ‘n testament, sterf jy intestaat wat beteken jou bates word volgens ‘n spesifieke formule verdeel waarin jy geen sê het nie, en daar is nie voorsiening gemaak vir jou minderjarige kinders nie.
Boonop raak die administrasieproses “’n nagmerrie”, sê Dickenson. Hy voeg by, “Jou familie gaan baklei, as daar geld betrokke is, dit kan ek jou waarborg”.
Luister weer hier.


×