100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Liggaam van pasgebore baba by Mjejane ontdek

Written by on July 8, 2024

Die liggaam van ‘n pasgebore baba is gistermiddag by ‘n vullisterrein in Mjejane naby Komatipoort ontdek.

Volgens die polisie kan hulle nie die geslag bepaal nie, weens die ontbinding wat reeds ingetree het.

Dit is onduidelik of die baba lewend agtergelaat is.

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, het die voorval sterk veroordeel en die gemeenskap gevra om enige inligting daaroor met hulle te deel.

Sien ook: Liggaam van driejarige dogtertjie in Pienaar opgegrawe


×