100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lekker lag laat die dokter wag by Bos InniMall

Written by on September 22, 2021

Kom lag al jou Covid-sorge weg by Bos InniMall. Die fees skop môre af in I’langa Mall. Die toneelproduksies, is soos met elke Innibos-fees, uit die boonste rakke, en beloof om al jou kwellinge te verdryf.
Komediant Schalk Bezuidenhout is te sien saam met musikant Wesley van der Westhuizen in “Schalk sing sleg”. Die gehoor kan uitsien na komedie en oorspronklike liedjies, en hoewel sy sang swak is, is die musiek goed, verduidelik hy aan Robin.

Dowwe Dolla probeer al geruime tyd haar suigstokkie verkoop, maar die pandemie het dit in die wiele gery. Nou is sy op ‘n bietjie van ‘n vaarwel-toer met “Dowwe Dolla: Nou of nooit”.
“As ek nie krap waar dit nie jeuk nie, doen ek mos nie my werk nie,” sê Margit Meyer-Rödenbeck vir Amanda.

Die internasionaal bekroonde plaaslike romantiese komedie “Kaalgat Karel” het Donderdagaand ook sy nasionale première by Bos InniMall. Hoewel kaartjies daarvoor uitverkoop is, wys die rolprent vir die volgende twee weke in teaters.
Regisseur Meg Rickards sê vir Gerhardt dit is ‘n vars komedie wat Suid-Afrikaners sal verras.

Boonop het dit ‘n plaaslike geur met die Laeveld se eie Francois Jacobs die hoofrol van die kaalnaeler vertolk. Bezuienhout en Christia Visser is ook in die rolverdeling.
Sandra Prinsloo (“Oskar en die pienk tannie”), Frank Opperman (“Steeds Donkie”) en Wynand van Vollenstee (“Geen salf te smeer”) is ook op besoek aan Mbombela. Die volledige program is hier  beskikbaar. Kry vandag nog jou kaartjies.


×