100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kragkrisis: White River Neighbourhood Watch sluit aan by regsgeding teen regering

Written by on January 24, 2023

White River Neighbourhood Watch is een van 19 klaers wat gister hofstukke ingedien het om onder meer Eskom se tariefverhogings tersyde te stel.
Build One South Africa (BOSA), die UDM en die metaalwerkersvakbond NUMSA is onder die partye wat saam met ander politieke partye, vakbonde en gemeenskapsorganisasies die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria vra om te las dat sektore soos gesondheid, watervoorsiening en kleinsakeondernemings kwytgestel word van beurtkrag.

Daarmee wil hulle ook die owerhede dwing om hul planne om die krisis te bekamp bekend te maak.
Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, sê dit is onregverdig dat Suid-Afrikaners aan hoë elektrisiteitspryse onderwerp word te midde van aanhoudende kragonderbrekings.

Die woordvoerder van NUMSA, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle sal die samelewing mobiliseer om teen beurtkrag op te tree.

Die respondente is Eskom, die minister en direkteur-generaal van openbare ondernemings, die president, die minister en direkteur-generaal van minerale hulpbronne en energie, die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) en die Suid-Afrikaanse regering.


×