100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kommer oor groenskrif want Laeveldse ‘ondernemings oorleef nou net’

Written by on August 24, 2021

Die regering se jongste plan om meer toelaes aan mense te betaal loop deur onder fel kritiek, omdat belastingbetalers dit nie kan bekostig om nog meer van hul inkomste daarvoor op te gee nie.
Die Departement van Maatskaplike ontwikkeling se groenskrif oor ‘n basiese-inkomste-toelaag beoog om inkomste-ondersteuning te bied vir mense van werkende ouderdom (18 tot 59). Om dit te befonds, word voorgestel dat diegene wat werk sowat 10% meer inkomstebelasting sal moet betaal.
Henri Pieters van Stabilis in Mbombela het vir Ludi vertel hoekom werkgewers of werknemers dit nie sal kan bekostig nie.
Boonop het Statistieke Suid-Afrika vandag aangekondig dat die land se werkloosheidskoers tot 34,4% gestyg het.
“Die skuldlas op huishoudings is die hoogste ooit,” sê Pieters. “Ondernemings, as ‘n reël, in elke industrie, is af. Landbou het verlede jaar goed gedoen, maar vanjaar is hul inkomste ook af. Besighede probeer oorleef op hierdie stadium.”
Hy sê ‘n omgewing waar werkskepping aangemoedig word, moet eerder bevorder word.
Luister weer hier na die gesprek.


×