100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Klankdramas bied sensoriese ervaring by Innibos

Written by on June 27, 2023

‘n Splinternuwe vertoning by vanjaar se fees is die klankdramas wat deur Kobus Burger van RSG-faam aangebied gaan word.
Volgens Philna Scholtz van Innibos is ses skrywers genooi om die meester-skryfklas by te woon en hierdie dramas word dan Woensdagaand as ‘n produksie uitgesaai.
Feesgangers kan die uitsending daarvan Woensdagaand bywoon en dit beloof om ‘n sensoriese ervarings te wees.
Verskeie akteurs wat ook betrokke was by Radio Laeveld se Sade van Genade is ook betrokke by hierdie klankdramas.
Roelf van Jaarsveld, Lynette Holtzhausen, Stefan van Zyl, Sanett Oosthuizen kuier almal saam in die ateljee.
Luister hier:

Sien ook: Just Jinjer Vrydagaand by Innibos
Innibos vind vanaf 29 Junie tot 1 Julie in Mbombela plaas.
Die Innibos-kantoor is op die hoek van De Villiers- en Anneckestraat by Sonpark-sentrum in Mbombela geleë.


×