100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kinderverkragter kry lewenslank in Lydenburg

Written by on September 1, 2023

‘n Voormalige nooddienswerker is lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting in 2021 van ‘n 12-jarige meisie in Lydenburg.
Volgens die polisie is Deon Broekman (57), voorheen van Rapid Response, Maandag in die Mashishing-streekshof gevonnis.
Die kind se ma het haar in Maart 2021 in die sorg gelaat van Broekman, ‘n familievriend.
Hy het die volgende dag vir haar ‘n selfoon gekoop om haar stil te probeer hou, maar die saak is by die polisie aangegee.
Die polisie sê daar was oorweldigende getuienis teen hom.
Broekman is ‘n verdere twee jaar opgelê vir seksuele voorbereiding.
Hy is ook as gevaarlik verklaar om met kinders te werk en sy naam sal in die Seksuele Oortredersregister aangeteken word.


×